Alle operateurs sal:
Hul roepsein korrek identifiseer volgens ICASA regulasies
Hoflik, professioneel en respekvol kommunikeer
Geen diskriminerende, beledigende of ontwrigtende taal gebruik nie
Oors bondig hou en ruimte laat vir ander operateurs
Geen kommersiële verkeer oor amateur bande hanteer nie
Net binne hul lisensievoorwaardes en bandtoekennings opereer
Die klub se herhalers, digitale netwerke en aanlyn infrastruktuur:
Mag nie misbruik word nie
Mag nie opsetlik ontwrig word nie
Moet verantwoordelik en doelgerig gebruik word
Moet nie as persoonlike besit beskou word nie
TS1 (DMR) is gereserveer vir dinamiese internasionale TG’s en moet verantwoordelik gebruik word.
Lede sal:
Ander lede met respek behandel
Tegniese kennis op ’n ondersteunende wyse deel
Samewerking bevorder
Die reputasie van ZS6POT beskerm
Ernstige of herhalende oortredings van hierdie gedragskode kan lei tot:
Mondelinge of skriftelike waarskuwings
Beperking van toegang tot klub infrastruktuur
Verdere optrede volgens klub prosedures
Alle optrede sal billik, objektief en in die belang van die klub hanteer word.
ZS6POT funksioneer binne ICASA regulasies en SARL standaarde.
Lede bly individueel verantwoordelik vir hul eie lisensie-nakoming.