PARK se bulletin
Daar word weekliks 'n bulletin uitgesaai oor klub gebeure asook algemene amateur radio sake. Hierdie bulletin bevat gewoonlik uit 'n verkorte weergawe van die SARL se weeklikse bulletin tesame met die gewone klub bulletin.
Uitsaai tye en frekwensies
Die bulletin begin elke Dinsdag aand om 19:00 en word uitgesaai op die volgende frekwensies:
145.7375 MHz - PARK 2m Herhaler
438.8750 MHz - PARK 70cm Herhaler
+-7.1450 MHz - Op die 40m Band (indien moontlik)
Echolink gebruikers kan inskakel op ZS6POT-R
Almal is welkom om te luister en deel te neem aan hierdie bulletin. Inroepe begin gewoonlik 15 minute voor die bulletin begin.